Dienste

Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie

Dit is ’n bekende feit dat die Noordwes-Universiteit al internasionale atlete van wêreldgehalte gelewer het wat almal deur die NWU se Hoëprestasie-instituut en sportwetenskaplikes ondersteun word. As gevolg van die NWU se moderne geriewe en hoogs gespesialiseerde navorsers en personeel kies meer as 1 000 atlete van regoor die wêreld elke jaar die NWU vir hulle voorseisoenoefening en -voorbereiding. Die NWU is tans besig om sy vlak van kundigheid tot selfs ’n hoër hoogte te voer met die geboorte van die nuwe NWU Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP). 
Die doel is om die kundigheid en ervaring van die NWU se Instituut vir Sielkunde en Welstand, die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling, asook die Instituut vir Biokinetika te kombineer.

Sportsielkunde

Die HPI verskaf die dienste van sportsielkundiges deur die pasgestigte NWU Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP). Sportsielkundiges gebruik sielkundige kennis en vaardighede om die optimale prestasie en welstand van atlete en spanne, die ontwikkeling en sosiale aspekte van sportdeelname, en sistemiese kwessies wat met sportagtergrond en  organisasies verband hou, te hanteer.

Sportwetenskap

Die HPI bied die dienste van sportwetenskaplikes aan. Dit behels die dissipline wat gemik is op die toepassing van die jongste wetenskaplike kennis op so ’n wyse dat atlete hulle volle prestasiepotensiaal sal benut. 

Biokinetika

Die primêre funksie van biokinetika is om fisieke funksionering en gesondheidsorg deur oefening te verbeter.

Sportmediese dienste

Benewens dat alle interne sportmediese dienste wat die Hoëprestasie-instituut en die Fakulteit Gesondheidswetenskappe bied, word verskeie eksterne mediese dienste ook aangebied. Hierdie dienste sluit privaat mediese spesialiste van Potchefstroom en die omliggende gebiede in. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot:
  • Fisioterapeute
  • Sportgeneeshere 
  • Ortopediese chirurge
  • Chiropraktisyns

Mediese toetse

Mediese toetse word deur HPI-kundiges verskaf om potensiële gesondheidsprobleme of beserings op te spoor by atlete wat dalk geen simptome toon nie. Die doel is die vroeë opsporing en leefstyl- of opleidingsveranderings om die risiko van siektes of beserings te verminder, of om dit vroeg genoeg op te spoor om dit op die doeltreffendste manier te behandel.