Sokker

Potchefstroomkampus

NWU Potchefstroom Sokker is by die Fanie du Toit-sportterrein geleë. Die span het ’n ryk geskiedenis en het geriewe van topgehalte wat deur hoëprestasie-atlete gebruik word. Ons maak seker dat ons spelers nie net op sokker konsentreer nie, maar ook op hulle studies, aangesien ons ’n universiteitspan is wat studies as ons topprioriteit beskou.

Ons doel is om professionele sokkerspelers te produseer wat ook gegradueerdes is. NWU Potchefstroom Sokker het mans- en vrouespanne. Die manspan neem aan die USSA-toernooi deel en is in Noordwes se ABC Motsepe-liga. Die vroue neem aan die Varsitybeker, die USSA-toernooi en die SAFA Sasol Vroueliga deel. Wanneer hulle aan die ABC Motsepe-liga en die SAFA Sasol Vroueliga deelneem, is die klub as die NWU Tawana-sokkerklub geregistreer.

Die span is bevoorreg om afrigters en personeel met goeie ervaring te hê. Ons spelers word goed bestuur en ontvang goeie mediese aandag wanneer dit nodig is. Die span se kantoor is by die Hoëprestasie-Instituut in Potchefstroom (kantoor nommer 120) geleë.


Michael Seleka
018 299 2909
22231129@nwu.ac.za

Vanderbijlparkkampus

Ons doelwit is om spelers deur middel van opvoeding en sport te ontwikkel. Ons is trots op ons sokkerspan en op hulle deurlopende ontwikkeling. Ons sokkerspan maak gebruik van die pragtige sokkervelde wat op die walle van die Vaalrivier geleë is. Ons het twee spanne, Mmabatho fc en die NWU VAAL fc, en een vrouespan.

Die NWU VAAL-manspan is ’n gedugte deelnemer aan die USSA-kompetisie en het ook vir die ABC Motsepe-liga gekwalifiseer. Ons as kampus is baie trots op hulle.

Verskeie spelers van die sokkerspan het ons al in die USSA-groep verteenwoordig en van die spelers speel ook vir ontwikkelingspanne in die PSL.

Ons is baie trots op ons pers stryders.

 
Thomas Thema
016-910-3228