Tuis

 

NWU Sokkerinstituut – voer die pragtige spel na ’n hoër vlak!

“Komende vanaf ’n nulbasis, het ons spelers binne ’n kort tydjie baie vermag,” sê Rick van Rooyen, NWU Mahikeng Sportbestuurder. “Ons glo dat sommige van ons spelers nog vir hulleself op die hoogste vlak naam sal maak!”

Die Sokkerinstituut is op die NWU se Mahikengkampus geleë en het tans eerste-, tweede- en derdejaarstudente wat vir sy driejaarprogram ingeskryf is. Hierdie program moet saam met ’n erkende akademiese kursus aan die universiteit gevolg word.

Spelers van die Sokkerinstituut het al op nasionale en streeksvlak deelgeneem, insluitend as deel van die SA nasionale onder 20- en onder 23-span en in die Premier Sokkerliga en Nasionale Eerste Liga, Vodacom Liga en SAB Streeksliga. Met dié dat die NWU Sokkerinstituut ook reeds twee keer as USSA Sokkerkampioene gekroon is, is die instituut goed op pad om uitstaande spelers, afrigters en administrateurs vir die toekoms te vorm.