None of us is as strong as all of us. - Kitch Christie

Rugby is sinoniem met die Noordwes-Universiteit, en uitnemendheid op die rugbyveld selfs nog meer. Die NWU is ’n voormalige Varsity-bekerkampioen en een van die mees konsekwente presteerders in die kompetisie. Die kampus in Potchefstroom spog met die tweede grootste getal rugbyspanne in Suid-Afrika, en het ’n florerende vennootskap met die Luiperds Rugby-unie. Die Universiteit het ’n groot getal provinsiale rugbyspelers opgelewer en doen dit steeds sonder ophou, terwyl hulle ook spelers, afrigters en spesialispersoneel tot die land se nasionale spanne bydra. 

Vir inligting oor rugby op die Potchefstroomkampus, raadpleeg die Rugby-Instituut.