Visie en Missie

Visie

Om die beste funksionerende rugby-instituut (akademies) in die land te wees, met administrasie, akademiese elemente, werwing en prestasie op tersiêre-onderwys- en nasionale vlak in ag geneem.

Missie

Om rugby binne die raamwerk van die Universiteit te ontwikkel en studentesport as integrale deel van die studentelewe te ontwikkel, en om deur uitnemende bestuur, opleiding en prestasie ’n beeldbouer en ’n werwingsagent vir die Universiteit te wees. Dit word gedoen deur te poog om ’n opvoedkundige bydrae tot die rugbyspeler as totale mens te lewer, sodat hy sy rol op ’n positiewe manier in die samelewing kan vervul (in sy rugby- en professionele lewe), en om te help om die personeel (afrigters en bestuurders) op te lei om ’n samehangende eenheid te vorm. Om voorts spelers en beamptes te lewer sodat rugby in die breër Suid-Afrika gedien kan word.