Gespesialiseerde geriewe

Gespesialiseerde geriewe

Die Noordwes-Universiteit se Hoëprestasie-instituut belê elke jaar miljoene rand in die ontwikkeling en instandhouding van sy sportgeriewe. Ons beskou ons geriewe as die beste wat daar beskikbaar is. Meer as 1 000 internasionale atlete van regoor die wêreld maak elke jaar vir hulle voorseisoenopleiding van die NWU se Hoëprestasie-instituut gebruik. Die feit dat Potchefstroom 1 322 meter bó seespieël geleë is, speel ook ’n belangrike rol daarin dat ons geriewe atlete se eerste keuse is wanneer hulle ’n opleidingsgerief kies. 

Ons geriewe sluit verskeie buitelug- en binnenshuise sportvelde en -geriewe in:

  • ’n Sportkundelaboratorium vir opleiding, navorsing en sportwetenskaplike toetsing van atlete
  • ’n Gerekenariseerde sportinligtingsentrum
  • Biomeganiese en spelontleding
  • n Verhitte swembad vir rehabilitasie
  • ’n Ysbad
  • Stoomkamers 
  • ’n Ten volle toegeruste hoëprestasiegimnasium, insluitende ’n hamersterkte-superbaan en verskeie soorte kardiotoerusting
  • AlterG (antigravitasie-masjien)
  • Apparaat vir die gebruik van beseringsrehabilitasie en prehabilitasie
  • Lesingsale
  • ’n Binnenshuise sintetiese hardloopbaan (46 m)
  • Konferensiegeriewe
  • ’n Koffiewinkel
  • Sportmediese dienste sluit in:
  • Sportgeneeshere
  • Fisioterapeute
  • Chiropraktisyns
  • Sportvoeding
  • Sportmassering
  • Algemene praktisyns
  • Bloedtoetse
  • Ortopediese chirurge
  • Neuroterugvoer en -opleiding
  • Hiperbariese suurstoftegnologie
  • Biokinetici, sportsielkunde, sportwetenskaplikes (nuwe sentrum – CHHP – skakel na webwerf)
  • Buitelugsportgeriewe sluit in:
  • Rugbyvelde
  • Sokkervelde
  • Tennisbane (harde baan) 
  • Netbalbane
  • Krieketvelde
  • 400 m-grasatletiekbaan met sintetiese oppervlakke vir veldnommers
  • NWU McArthur-atletiekstadion met sintetiese baan
  • Astro-hokkievelde
  • Gras-hokkievelde
  • ’n Permanente landloopbaan
  • Binnenshuise geriewe vir verskeie ander sportdissiplines