Reëls en prosedures

  1. HPI-toegang

Alle lede kry toegang met hulle eie toegangskaart. ENIGE vorm van misbruik daarvan sal ’n boete vir die kaarthouer tot gevolg hê, asook ’n bykomende boete wat deur die kaarthouer betaalbaar is om mede-oortreders te dek.

  1. Algemene reëls ten opsigte van die HPI-gimnasium
  • Lede gebruik die gimnasium, toerusting en geriewe op hulle eie risiko.
  • Wanneer lede die gimnasium gebruik, moet hulle te alle tye behoorlik geklee wees, met die uitsondering van die ysbad/verhitte swembad/storte, en moet te alle tye toe skoene dra.
  • Voedsel en oop houers met vloeistowwe word nie in enige area van die gimnasium toegelaat nie.
  • Vuil taal, onbeleefdheid teenoor personeel, vandalisme, roekeloosheid, insluitend maar nie beperk nie tot die ingevaarstelling van persone (opsetlik of andersins), sal nie in die gimnasium toegelaat/verdra word nie.
  • Persoonlike besittings moet toegesluit word in die sluitkaste wat in die aantrekkamers verskaf word en nie in die gimnasium gelaat word nie.
  • Enige beserings en/of probleme met toerusting moet onmiddellik aan die gimnasiumbestuurder/HPI-personeel gerapporteer word.
  • Alle verbande, pleisters en enige ander mediese verbande moet gebêre word en nie enige plek in die gimnasium anders as in ’n asblik gelaat word nie.
  • ALLE toerusting MOET ná gebruik gebêre word. Versuim om dit te doen, sal ’n boete tot gevolg hê PER eenheid/stuk toerusting wat gebruik is.
  1. Swembad en ysbad
  • Lede wat die swembad/ysbad gebruik, doen dit op hulle eie risiko. (Geen lewensredders word verskaf nie.)
  • Geen gehardloop of gespeel sal in en/of om die swembad- en ysbad-areas toegelaat word nie.
  • Lede moet die nat areas ten volle geklee of met die korrekte kleding verlaat (nie met ’n handdoek om die middel gedraai nie).
  • ’n Maksimum van 10 persone word per sessie in die ysbad toegelaat.
  • ’n Maksimum van 20 persone word op enige gegewe tydstip in die verhitte swembad toegelaat.
  • Die gebruik van ’n swempet is opsioneel.
  • ’n Stort is verpligtend voordat die ysbad of verhitte swembad gebruik word.
  1. Die sirkelbaan-, vryegewigte- en gewigoptelplatform-gebiede
  • Plaas alle toerusting op hulle regte plekke nadat dit gebruik is.
  • Vee toerusting skoon ná gebruik.
  • Lede is verantwoordelik om toerusting na te gaan voordat dit gebruik word, en om enige probleme met sodanige toerusting te rapporteer.
  • Vra asseblief die gimnasiumbestuurder se hulp wanneer jy onbekende toerusting gebruik.
  1. Noodhulp
  • In die geval van ’n noodsituasie, gehoorsaam asseblief die HPI-personeel se instruksies.
  • Gekwalifiseerde noodhulpbystand is vir geringe beserings beskikbaar.
  1. Skade
  • Lede sal finansieel aanspreeklik gehou word vir enige skade (opsetlik of as gevolg van nalatigheid) wat veroorsaak word.
  • Vandalisme of enige ander kriminele aktiwiteite wat lei tot skade aan (maar nie daartoe beperk word nie) strukture, meubels, of persone (finansieel of fisies) sal aan die kampussekuriteit gerapporteer word en sal tot gevolg hê dat ’n kriminele klag teen enige/al die oortreders ingedien word.
  1. Ablusiegeriewe
  • Ablusiegeriewe moet netjies gehou word.
  • Lede moenie bottels, houers, seepverpakking of onderklere in die storte/aantrekgeriewe agterlaat nie.
  • Skade moet onmiddellik aan die personeel gerapporteer word.
  1. Verbode middels
  • Enige lid wat met verbode middels (steroïede, dwelms vir ontspanning, alkohol, ens.) in hulle besit betrap word, ongeag die rede daarvoor, sal:
    1. Geskors word en hulle lidmaatskap sal hersien word.
    2. Aan die kampussekuriteit (interne lede) of die SAPD (eksterne lede) gerapporteer word.
  • Inligting wat verband hou met verbode middels ten opsigte van die verbetering van sportprestasie is by die gimnasiumbestuurder beskikbaar.

          Die kansellasie van lidmaatskap en/of die oplegging van boetes sal geïmplementeer word ten opsigte van lede wat versuim om bogenoemde HPI-reëls na te kom.