Rugby

Mahikengkampus

Rugby is ’n volkontaksport wat in Engeland ontstaan het. Dit is ’n gewilde sportsoort regoor die wêreld en word deur mans en vroue van alle ouderdomme gespeel. Daar was in 2014 meer as ses miljoen mense wêreldwyd wat rugby gespeel het. In Suid-Afrika het rugby wêreldikone opgelewer, en die Springbokke bly ’n simbool van eenheid in die land. By die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus ding rugbyspanne in verskillende kompetisies mee, insluitende die plaaslike liga en die USSA’s. Die vrouespan het die afgelope twee jaar die liga gewen. Die mans het die semifinaal bereik en het na Groep B by die USSA’s gevorder.

Kegomoditswe Moloko                  
018 389 2152

Vanderbijlparkkampus

Shaun Meijier - 016-910-3191