Oor ons

 

Die NWU-Rugby Instituut van die Noordwes-Universiteit is in 2000 gestig, met André Markgraaff as die eerste uitvoerende direkteur. Sedertdien het die instituut gegroei en formidabele opponente op die rugbyveld opgelewer.

Koshuisrugby het gegroei van die aanvanklike 14 spanne in 2000 tot 36 spanne in die huidige ligas. Die geweldige groei in gretige spelers is ’n aanduiding van die totale rugbygees op die Potchefstroomkampus.

Deur verskeie ander prestasies het die NWU-Rugby Instituut homself ook as ’n hoogaangeskrewe tersiêre-onderwysinstelling op die gebied van rugby in die land onderskei. Met goeie rede kan ook gesê word dat die NWU-Rugby Instituut sy spelers vir ’n loopbaan in rugby en vir die toekoms voorberei.

Ingevolge wetgewing het die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en die Universiteit van Noordwes (UNW) saamgesmelt en tot die totstandkoming van die Noordwes-Universiteit (NWU) gelei. Die voormalige PU vir CHO staan nou as die Potchefstroomkampus van die NWU bekend, of as die NWU Potchefstroomkampus.

Die NWU-Rugby Instituut is deel van die NWU Potchefstroomkampus en Vanderbijlparkkampus. Die kwalifikasie wat jy ontvang wanneer jy by die NWU-Rugby Instituut speel, is dus op volle geakkrediteerde universiteitskursusse gegrond.