Potchefstroomkampusgeriewe
Fanie du Toit-sportgrond
Die NWU het een van die mooiste en bes toegeruste sportvelde denkbaar. Die Fanie du Toit-sportgrond dek ongeveer 20 hektaar op die walle van die Mooirivier, wat binne stapafstand van die Potchefstroomkampus is. Hier vind jy meestal die buitelugsportaktiwiteite, met agt rugbyvelde, 16 tennisbane, vier hokkievelde, nege weervaste netbalbane, drie sokkervelde, vyf krieketvelde, ’n sagtebalveld, ’n swembad en ’n atletiekbaan. In die Piet Malan-gebou is ook ’n ten volle toegeruste gimnasium, een van twee op die terrein.
Klik hier om aanwysings te kry om by die Fanie du Toit-sportgrond te kom.
Hoëprestasie-instituut vir Sport
Die goedtoegeruste NWU FNB HPI-gebou op die Fanie du Toit-sportgrond huisves die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap, die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling, die Noordwes Sportakademie, die kantoor van NWU PUK Sport, en ook die NWU PUK Rugby-Instituut. Die gebou bevat ook ’n uiters gevorderde gimnasium met ’n rehabilitasie-swembad en ’n ysbad.
Klik hier vir meer inligting.
NWU Sports Village
In samewerking met die FNB Hoëprestasie-instituut vir Sport, die PUK Sportburo en die Noordwes Krieketunie is dit die perfekte gerief vir sportgroepe en oefenkampe. Ons streef daarna om dit jou “tuiste weg van die huis” te maak. Hierdie gerief is nie net van ’n baie hoë standaard nie, maar die ligging van Potchefstroom (hoogte bo seespieël) maak dit die ideale plek om oefenkampe te hou.
Die PUK Sports Village is ’n nie-selfsorg-gerief en bestaan uit:
- Vyf akkommodasieblokke met 16 kamers elk
- Twee konferensielokale
- Funksiegeriewe
- Twee fisio-lokale
- ’n 25 m verhitte swembad met vier bane
- ’n Ten volle gelisensieerde restaurant en kroeg
Klik hier vir meer inligting.
Vanderbijlparkkampusgeriewe
Die Vanderbijlparkkampus het drie rugbyvelde.
Mahikeng-kampusgeriewe
Die Mahikengkampus bied uitstekende sportgeriewe, wat ’n sokkerinstituut, swembad, buiteluggeriewe en ’n binnenshuise sportsaal insluit. Die Sokkerinstituut en die Great Hall het elkeen ’n goedtoegeruste gimnasium vir baan- en aërobiese oefeninge.
Die Great Hall maak ook voorsiening vir pluimbal, vegkuns, muurbal, boks, danssport, binnenshuise sokker en hokkie, vlugbal, netbal en basketbal.
Die kampus het drie veeldoelige bane, vier tennisbane en twee basketbalbane. Daarbenewens is daar vier sokkervelde, ’n rugbyveld, ’n sagtebalbaan en ’n kolfblad vir krieket.
Die swembad is ’n perfekte plek waar studente kan leer swem, asook hulle verskillende swemslae kan verbeter.