Aërobiese oefeninge

Mahikengkampus

Aërobiese oefening is ’n vorm van fisieke oefening wat ritmiese aërobiese oefeninge met strek- en kragoefeninge kombineer met die doel om al die elemente van fiksheid (soepelheid, spierkrag en kardiovaskulêre fiksheid) te verbeter. Die term sowel as die spesifieke oefenmetode is ontwikkel deur dr Kenneth H Cooper, ’n oefeningfisioloog, en kol Pauline Potts, ’n fisioterapeut, albei van die Verenigde State se lugmag. Soos ander vorms van oefening, help aërobiese trapoefeninge om kalorieë en vet te verbrand. Die aantal kalorieë wat verbrand word, hang van die spoed van die bewegings, die hoogte van die trappies, die duur van die oefening, en die persoon se lengte en gewig af.

Op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) word aërobiese oefeninge by die Great Hall beoefen. Dit is ook vir die afgelope vier jaar een van die vernaamste sportkodes by die kampus..


Likhaya Matiwana              
018 389 2902

Potchefstroomkampus

Om die algemene welstand te bevorder van die studente op die Potchefstroomkampus wat nie aan die amptelike NWU Sportklubs behoort nie, word groepoefeningsaktiwiteite soos aërobiese oefeninge, Pilates, joga, ens. op ’n weeklikse basis by die Sportsentrum aangebied. Hierdie aktiwiteite hang van die beskikbaarheid van privaat instrukteurs af en of daar steeds ’n behoefte daarvoor is. Vir inligting oor huidige aktiwiteite en skedules, kontak die Sportsentrum.

 

Johann Sauer