Swem

As een van die sportsoorte wat by die Olimpiese Spele verteenwoordig word, het swem tot een van die uitdagendste, opwindendste en gewildste sportsoorte by die Noordwes-Universiteit (NWU) gegroei.

Benewens die bemeestering van vaardighede en verkryging van liggaamlike fiksheid help NWU Swem om swemmers te help om selfvertroue, sportmanskap, dissipline en toewyding te ontwikkel, asook om te leer dat sukses die resultaat van harde werk en die stel van doelwitte is. Ons probeer om swem by die NWU ’n belangrike en genotvolle deel van elke swemmer se lewe te maak.

NWU Swem ding in streeks-, provinsiale, interprovinsiale en nasionale kampioenskappe mee. Ons NWU-swemspan is in die topdrie universiteitspanne in die land. 

 

Heléne Botha
Sportbestuurder: Swem
Potchefstroomkampus
018 299 2911