Basketbal

Mahikengkampus

Basketbal het ontwikkel in een van die sportsoorte in die wêreld waaraan die meeste mense deelneem en lewer merkwaardige wêreldwye ikone. Ten spyte van sy Kanadees-Amerikaanse geskiedenis, is basketbal besig om in ’n welbekende sportkode regoor die Afrika-vasteland te ontwikkel, met ’n aantal professionele ligas/kompetisies op plaaslike, streeks- en kontinentale kampioenskapsvlak. By die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is ons basketbalspan baie trots daarop dat hulle help om atlete te help om hulle potensiaal deur spanwerk, geduld, sosiale vaardighede en dissipline te bereik.

NWU Mahikeng se basketbalspanne het hulle deel gedoen om die vaandel van die NWU hoog te hou. Die manspan was in 2017 die Dr KKBL-kampioene en het in 2018 in die vierde plek in die Dr KKBL-kompetisie klaargemaak. Ons vrouespan was in 2018 tweede in die Dr KKBL-kompetisie en het in 2019 in die derde plek in dieselfde kompetisie klaargemaak.


Nalendi Malanoka            
018 389 2434

Potchefstroomkampus

Welkom by die tuiste van basketbal op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Ons verskaf hier opkampus-opleidingsgeriewe van wêreldgehalte en skep ’n mededingende omgewing wat die aptyt vir ’n groeiende sportsoort stil.

Die vrouespan het ’n eerste en ’n tweede span, wat die bewys is van hoe vrouespelers in die sport toeneem, terwyl die manspan ’n eerste span, ’n tweede span en ’n ontwikkelingspan het. Gevestigde spelers neem die inisiatief om hulle vaardighede en kennis met beginnerspelers te deel om die sukses van die klub te verseker en verskaf ’n gevoel vir almal dat hulle daar hoort.

Dit is waar spelers gemotiveer word om as studente-atlete uit te blink deur deel te neem aan ligas en toernooie wat op universiteitskampusse regoor die land gehou word, byvoorbeeld die 3on3, koshuisliga, afrigtings- en skeidsregterklinieke, USSA’s, Varsitybeker-geleenthede en die nasionale liga vir basketbal.

Kom en toon jou vaardighede! Kom en bereik jou volle potensiaal!

Oefentye:

MANS

Maandae: 19:00–21:00

Woensdae: 19:00–21:00

VROUE

Dinsdae: 17:00–19:00

Donderdae: 17:00–19:00

Oefentye kan wissel.


Mahlatse Moyo

Vanderbijlparkkampus

NWU Vanderbijlpark Basketbal het ontwikkel van die agterosse en ’n reus geword. Ons geriewe het vir ons die kans gegee om ons heel beste teen ander instellings te lewer. Die personeel en spelers werk hard om seker te maak dat die pers stryders altyd goed verteenwoordig is.

NWU Vanderbijlpark se basketbalspan wil studente deur sport opbou. NWU Vanderbijlpark  bied twee jaarlikse toernooie aan (senior en onder 19). Ons gebruik dit as NWU platform om voornemende studente te werf en beurse aan te bied. NWU Vanderbijlpark het goed op nasionale vlak gevaar. Ons het twee waardevolle spelers op USSA-vlak gehad (Phindile Nkosi in 2018 en Cynthia Mudau in 2019). Twee vroue het ook die USSA- nasionale span in 2019 verteenwoordig (Phindile Nkosi en Ikageng Aphane).

Die vroue word as tweede in die land gegradeer nadat hulle twee keer ná mekaar silwer by die USSA-kampioenskap (2018 en 2018) gewen het, en die tweede plek in die Varsity-beker verower het. Die mans is vyfde op die land se ranglys. Vier van ons vroue het ook al vir die nasionale span gespeel. Benewens al hierdie prestasies, het ons ’n groot getal gegradueerdes opgelewer. Ons as NWU Vanderbijlpark Basketbal is trots op ons pers stryders, aangesien hulle ons goed verteenwoordig.


Enid Matika
016-910-103227