Krieket

Mahikengkampus

Die geskiedenis van krieket strek terug tot by die 13de eeu en, soos talle ander sportsoorte, het dit ’n Engelse agtergrond. Krieket word egter nou wêreldwyd geniet en die Reënboognasie het al uitmuntende krieketspelers opgelewer wat die wêreld oorwin het. Krieketspelers moet die gees van krieket respekteer, met respek, eerlike spel en sportmanskap wat die kern daarvan uitmaak. Die sportdepartement van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus bevorder die groei van atlete wat krieketliefhebbers is, en die span neem aan ’n aantal kompetisies deel om vir die spelers die perfekte blootstelling te gee.

Die NWU Mahikeng-krieketspan laat hulle in die provinsie en ook op nasionale vlak geld. Hulle het in 2014 die liga se kwarteindrondte gehaal, in 2016 het hulle die tweede plek in die jaarlikse T20-kompetisie beklee, in 2017 die derde plek in die USSA B, in 2018 die derde plek in die USSA B, en in 2019 is een speler vir die NW-streekskrieketspan (provinsiale vlak) gekies.


                                                                        

 

Likhaya Matiwana                 
Mahikengkampus
018 389 2902

Potchefstroomkampus

Die NWU-krieketklub op die Potchefstroomkampus het in 1936 tot stand gekom en het al vir 85 jaar lank ’n ryk tradisie in die lewering van krieketspelers van gehalte. Die klub is ’n pyplyn vir jong provinsiale krieketspelers wat aspireer om vir die Proteas te speel. Oor die afgelope vyf jaar het die klub Chris Morris, Rassie van der Dussen, Janneman Malan, Bjorn Fortuin en Wihan Lubbe vir die nasionale span opgelewer.

Suksesverhale sluit in dat spelers vir die Proteas, die KSA Akademie, die USSA XI en vir franchise- en semiprofessionele spanne regoor die land geproduseer word.

Die klub het die KSA Nasionale Klubkampioenskap in 2001 en 2016 gewen, hulle was tweede in 2017, het die Varsity Krieket-toernooi in 2017 gewen, en was in 2018 tweede en in 2019 derde. Hulle het ook in 2017 die Red Bull Kampuskrieket-uitdaging gewen.

Ons geriewe is van wêreldgehalte, met twee puik speelvelde langs mekaar. Die netgeriewe word ook elke jaar deur spelers van die distrik gebruik.

Die klub se afrigters is goed onderlê om spelers op ’n daaglikse basis met hulle oefensessies te help en om spelers wedstrydgereed te kry.

Krieket het NWU Sport gehelp om ’n toonaangewende sportgerief in Suid-Afrika te wees.


Conrad de Swardt
018 299 1056
Conrad.DeSwardt@nwu.ac.za