E-sportklub

Welkom by die tuisblad van NWU E-sport, waar vandag se informele gamers die kans kry om môre se Olimpiese e-sportatlete te word.

Die NWU E-sportklub is in 2019 gestig, met FIFA wat die hoofitem was en ander groot titels wat binnekort volg. E-sport is een van die vinnigsgroeiende sektore van die videospeletjiebedryf. E-sport is ’n mededingende vorm van gaming wat aan amateur- en professionele gamers die kans bied om regoor al die verskillende platforms in aanlyn en aflyn toernooie om ’n reeks gewilde mededingende titels mee te ding.

Voordat jy dink dat e-sport dalk nie die ding vir jou is nie, onthou altyd dat die kundige in enigiets ook eenmaal ’n beginner was.

Jacques Myburgh

jacquesmyburgh1999@gmail.com