Padfietsry

Fietsry

Potchefstroomkampus

Die NWU Fietsryklub op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) neem jaarliks deel aan die USSA-fietsrykompetisie wat oor drie tot vier dae strek. Dit sluit ’n bergfietsren (MTB-ren) in. Spanne bestaan uit agt mans- en vier vrouefietsryers. 

Spanne word gekies op grond van die uitslae van SA Fietsry-wedrenne en die tye en plekke wat behaal is, wat ook as voorbereiding vir die USSA-fietsrygeleentheid gebruik word.

Fietsryers oefen op ’n weeklikse basis en kommunikeer met mekaar oor beskikbaarheid. CycloDNA in Potchefstroom is vir oefensessies verantwoordelik, help met wedrenne en is toegerus om met alle fietsrybehoeftes te help.

 
Conrad de Swardt
018 299 1056

Bergfietsry

Vanderbijlparkkampus

Daar word gesê dat bergfietsry ’n redelik diverse en komplekse sport is. Dit is ’n vorm van veldfietsry. Die NWU Vaal MTB-klub het tot stand gekom as gevolg van die hoë vraag in Vanderbijlpark na ’n klub spesifiek vir bergfietsryers wat vir alle tipes ryers voorsiening maak. Hulle streef daarna om ’n klub te wees wat vir die hele gesin voorsiening maak, en het dus maandeliks sosiale braaigeleenthede vir klublede asook vir potensiële lede.

 

Piet Smit
piet@stbrokers.co.za