Potchefstroom of Potch (soos dit beter bekend staan) is 'n Universiteit gemeentskap van +- 128,353 mense, oor 120km Suid-Wes van Johannesburg.
Dit is die oudste dorp in die Wes Transvaal Provinsie en het 'n ryk geskiedenis wat terug dateer na 1838. Die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus) oorheers die stad en spog ook met ‘n permanente militêre basis.
Potchefstroom het vir baie jare Top-Sportleiers geproduseer. Van die meer bekende nasionale sportpersone is onder andere: Elroy Gelant, Sunette Viljoen, Willem Coertzen, Kgotso Mokoena, Hezekiel Sepeng, Marius Corbett, Piet Goosen, Johan Claassen, Matt Proudfoot, Marius Hurter, Robert du Preez, Hannelie Arnoldi, Carina van Zyl, Sunette Viljoen en Sanet Meiring. Potch is ook bekend as die "Huis van Sport in die Noordwes Provinsie, met baie provinsiale federasies wat plaaslik gestationeer is. Die dorp het reeds "home-away-from-home" geword vir baie internasionale atlete wat deel neem in verskillende sportsoorte.
Potch is baie gewild vir verskeie redes, Die Nywerheids gebiede is klein dus is die lug skoon en spog ons met ’n lae misdaad syfer. Dit het 'n goeie klimaat (veral gedurende die koue noordelike halfrond winters, (want dan is dit somer by ons) en op 1400m hoogte bied dit 'n goeie balans tussen die hoogte bo seespieël en die kwaliteit opleiding. Die Noordwes-Universiteit sportfasiliteite in Potchefstroom, insluitend die NWU FNB Hoëprestasie-Instituut van Sport, is van hoë gehalte, en Potchefstroom spog met vele ander sport fasiliteite wat wêreldklas is, byvoorbeeld Noordwes Krieket stadium, NWU Sport Village, PUK McArthur Atletiet stadium ens.
"Eenstopwinkel"
Van ons eie ervaring met atlete, afrigters, Sportwetenskaplikes en Sport liefhebbers streef ons daarna om die beste moontlike dienste en fasiliteite te verskaf aan besoekende atlete en afrigters. Ons streef daarna om aan alle vereistes te voldoen met aankoms tot vertrek.