Karate

Mahikengkampus

Karate het in gewildheid in Afrika toegeneem, veral in Suid-Afrika en Ghana. Karate is ’n tipe vegkuns wat in Japan ontwikkel het, veral op die Ryukyu-eiland, wat nou as Okinawa bekend staan. Karate het sy debuut as Olimpiese sport by die Tokio Olimpiese Spele gemaak. Alle vegkuns leer vir iemand beginsels en lesse wat verder as die sport self strek. Karate leer vir ’n mens dissipline, respek, selfvertroue, fokus, en veral leierskap. By die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) word karate beoefen by die Great Hall, wat die veeldoelige venue vir ’n hele aantal aktiwiteite is.

Ons karatespan het in die afgelope paar jaar besonder goed gevaar.

 1. 2017 – USSA-kampioene

 2. 2018 – ’n Internasionale karateka opgelewer – Kobe, Japan

 3. 2018 – Beste individuele sportkode

 4. 2018 en 2019 – NWU Sportvrou van die Jaar

Nils Coetzer               
018 389 2544

Potchefstroomkampus

Dissipline, kameraderie, genot en toewyding – dit is die vier pilare waarop die karatespan van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gebou is. Karate is gewoonlik as ’n individuele sport bekend, maar by die NWU Potchefstroom is dit ’n spansport. Spanne bestaan uit tradisionele karateka, sportkarateka en baie beslis beginnerskarateka met ’n gesamentlike liefde vir en genot van die sport. Ons oefen saam en ons sosialiseer saam, ons help mekaar en ondersteun mekaar terwyl ons as ’n SPAN saam groei.

Die karatespan word afgerig deur sensei Johan van Tonder, ’n sesde dan, wat die span die afgelope 20 jaar tot oorwinning by USSA-kompetisies gelei het. Hy is ’n ervare afrigter en het ’n manier om die beste in al die spanlede uit te bring. Sensei Johan se vernaamste karatestyl is KWF Shotokan-karate (tradisioneel), maar die span neem aan semikontak- alle style karate en KSA-kompetisies deel, wat meer ’n soort sportkarate behels.

NWU Potchefstroom se karatespan verwelkom almal wat iets nuuts wil probeer. Karate is nie iets wat jy oornag kan aanleer nie, maar solank jy geniet wat jy doen, is dit beslis die moeite werd om dit te doen. 


Tanja Niemann