Bergfietsry

Daar word gesê dat bergfietsry ’n redelike uiteenlopende en komplekse sport is. Dit is ’n vorm van fietsry van die pad af.  Die NWU Vaal MTB-klub is begin as gevolg van die hoë aanvraag in die Vanderbijlpark vir ’n klub vir spesifiek bergfietsry wat vir alle tipes ryers voorsiening maak. Hulle streef daarna om ’n klub te wees wat vir die hele gesin voorsiening maak, en het dus maandeliks sosiale braaigeleenthede vir klublede asook vir potensiële lede.

Rig navrae aan:
Piet Smit
Sportbestuurder: Bergfietsry
Vanderbijlparkkampus
piet@stbrokers.co.za