Netbal

varsity netball

Mahikengkampus

Netbal kan beskryf word as een van die vernaamste sportkodes regoor die land en buite die grense van Suid-Afrika, en dit het ’n unieke geskiedenis. Dit is vir lank as ’n sport beskryf wat vir vroue geskik is, maar net soos talle ander sportkodes, is daar mans sowel as vroue wat op die hoogste vlak meeding. Netbal by die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) help om die identiteit van die kampus en sy wonderlike atlete te definieer.

NWU Mahikeng se netbalspan het oor die afgelope paar jaar sy stempel afgedruk. Hier is ’n paar van hulle prestasies:

  • 2016 – USSA-silwermedaljewenners, en verteenwoordigers in Noordwes se netbalspanne vir onder 21- en senior dames.
  • 2017 – Vyfde plek by die USSA-kompetisie, verteenwoordigers in Noordwes se netbalspanne vir onder 21’s, senior vroue en mans.
  • 2017 – Vyfde plek by die USSA-kompetisie, en verteenwoordigers in die onder 19-, onder 21- en senior provinsiale spanne.
  • 2019 – Agtste plek by die USSA-kompetisie, en verteenwoordigers in die onder 21- en senior provinsiale spanne. Twee spelers het medaljes ontvang (silwer vir ’n onder 21-speler en goud vir ’n senior speler).

Nalendi Malanoka                     
018 389 2434

Potchefstroomkampus

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is wyd bekend vir die topgehalte netbalspelers wat hy jaar na jaar lewer. Dit is grootliks as gevolg van meesterklas-afrigting en ‑bestuur en die gebruik van intuïtiewe sportwetenskaplike metodes, tesame met multidissiplinêre samewerking tussen biokinetici en fisioterapeute om te verseker dat spelers op ’n hoë vlak, met ’n kleiner risiko van beserings, presteer.

Ons visie is om ’n hoëprestasiekultuur te bou om te verseker dat ons netbalspelers die beste individue kan word wat na volhoubare prestasie, dissipline en spanwaardes kan streef, en ’n omgewing kan skep waar studente kernvaardighede op en van die netbalbaan af kan ontwikkel.

Ons missie is om ’n platform te skep waar spelers oorvloedige geleenthede het om te groei, nie net in fisiese vaardighede of prestasie nie, maar ook in leierskap en interpersoonlike vaardighede.

Prestasies

2015 en 2016 – Varsity-kampioene

2017 en 2019 – USSA-kampioene

Lede

Bestuur en navrae:

Heléne C Botha      

helene.botha@nwu.ac.za          

018 299 2911

Hoofafrigter:                             

Elsunet Du Plessis                                                                                        

Juniorkomponent:                

Andiswa Tracey Magwebu                        

Onder 21-Afrigter:

Lerine Joubert

Sportwetenskaplike:

Colin Powell