Skaak

Mahikengkampus

Skaak is ’n strategiese sport wat vir ontspanning sowel as in kompetisies gespeel word. Dit is een van die oudste en gewildste bordspeletjies. Die sport se moderne vorm het op die Europese vasteland ontwikkel, maar sy geskiedenis kan na Indiese en Persiese oorsprong teruggevoer word. Die skaakklub op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) hou vol dat hulle sport vir ’n mens baie lewenslesse leer, insluitend opoffering, die noodsaaklikheid om vooruit te dink, en ook om patrone raak te sien. Die Mahikeng-span oefen en bied toernooie by die swembad se venue aan.

Die NWU Mahikeng Skaakklub laat hom ook op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak geld. Hier is ’n paar van hulle prestasies:

  • In 2017 het die span ’n speler in die top-15 uit +100 spelers van die USSA-kompetisie gehad.
  • In 2018 het die span ’n speler gehad wat die mansafdeling van die provinsiale toernooi (Ray Laureles) gewen het. ’n Vrouespeler het ook die vroueafdeling van die provinsiale toernooi (Ray Laureles) gewen.
  • In 2019 het die span ’n speler in die topdrie gehad van die Menseregtedag-toernooi wat deur die klub aangebied is. Vrouespelers van die klub het die 1ste, 2de en 3de plekke gehaal in ’n Vrouedag-toernooi wat op die NWU Mahikengkampus aangebied is. Die klub het ook een speler gehad wat die 2019 NW- provinsiale titel verower het.

Nils Coetzer               
018 389 2544

Potchefstroomkampus

Die NWU Potchefstroom Skaakklub is ’n lewendige klub met interessante lede van regoor die hele kampus. Ons is trots daarop dat ons elke lid van die klub help om hulle volle potensiaal te ontwikkel. Sedert die aanvang van die staat van inperking het ons klub begin om slegs aanlyn te funksioneer. Ons het op Donderdagaande opleiding op die Ingenieurskampus. Ons is egter vir eers tevrede om met ons aanlyn toernooie en geleenthede voort te gaan. Alumni en personeellede is ook welkom om aanlyn by ons aan te sluit.

Al wat jy moet doen om deel van die klub te word, is om by ons WhatsApp-groep: https://chat.whatsapp.com/EAL49EZskXOLCzTRsPftFM en aanlyn skaakspan: https://lichess.org/team/nwu-potch-chess aan te sluit.

 


Jan-Meyer Verhoef

Vanderbijlparkkampus

 Joseph Matlohong- 016-910-3207/ 064-191-6121