Oor ons

Visie

Die Sokkerinstituut se visie is om ’n sentrum van uitnemendheid vir sokker te ontwikkel en die krag van sokker te gebruik om ’n pasverandering in onderwys en sosio-ekonomiese ontwikkeling te weeg te bring.

Terwyl die instituut se vernaamste rol is om sokkerspelers, afrigters en administrateurs te ontwikkel, strek die doelstellings baie wyer. Die instituut het ten doel om goed afgeronde individue te produseer wat ’n driejaar-universiteitskurrikulum voltooi, belangrike lewensvaardighede ontwikkel, en langs die pad mentorskap deurloop het.

Ons lewer leiers op, nie net sokkerspelers nie

Die doel is nie net om met behulp van die jongste opleidingsmetodes, tegnologie en wetenskap sokkerspelers te ontwikkel nie, maar ook om goed afgeronde individue te lewer wat ’n leierskapsrol in Suid-Afrikaanse sport kan speel. Sokkerloopbane kan kort wees, en dit is dus belangrik dat ons studente spesifieke vaardighede op ander gebiede moet hê waarop hulle kan terugval.

Vier pilare van spelerontwikkeling

Ons skep leiers vir die spel en die besigheid van sokker deur die individuele speler op vier gebiede te ontwikkel:

  • Ontwikkeling as ’n professionele sokkerspeler
  • Akademiese loopbaanontwikkeling
  • Ontwikkeling van lewensvaardighede
  • Mentorskap en leierskapsontwikkeling

Sokkervermoë moet op dieselfde vlak as akademiese vermoë wees

Studente wat by die instituut aanvaar word, moet heelwat sokkeraanleg hê en die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) geslaag het om seker te maak dat hulle in die dubbele omgewing van sokkerontwikkeling en akademiese studie floreer.

Sokkerinstituut se holistiese ontwikkelingsmodel

Ons ontwikkel dieselfde spel en spelers vanaf voetsool- tot op elitevlak aan die hand van die volgende riglyne:

  • Ontwikkeling van elitespelers
  • Koestering van talent
  • Ontwikkeling van skoolsokker
  • Ontwikkeling op voetsoolvlak

Bou kapasiteit op voetsoolvlak

Aangesien studente by die instituut hoofsaaklik uit armer gemeenskappe kom, is dit toepaslik dat dit ’n uiters belangrike deel van die instituut se etos is om in die behoeftige gemeenskappe terug te ploeg. Terugploeginisiatiewe neem die vorm aan van afrigtingsklinieke, hulp aan skole om hulle eie ligas te begin, afrigting- en skeidsregteropleiding aan onderwysers, en die gebruik van die spel om ’n motiverende opleidingskursus vir inwoners van gevangenisse aan te bied.