Beurse

NWU Mahikengkampus sport beurse

Die Mahikengkampus se sportdepartement verskaf ’n beperkte getal sportbeurse aan sokkerspelers. Jy moet deur die Sokkerinstituut as ’n speler gekeur word om vir ’n sportbeurs te kwalifiseer. Daarbenewens staan studente wat in ander kampussportsoorte uitblink ’n kans om ’n meriete-sportbeurs te ontvang. Die beurse word jaarliks toegeken en is aan spesifieke kriteria onderhewig.  Kontak asseblief vir Rick Van Rooyen by 018 389 2406 vir meer inligting.


NWU Potchefstroomkampus sport beurse

Vir enige navrae wat met sportbeurse op die NWU se Vanderbijlparkkampus verband hou, kontak asseblief vir Corene Middleton by (018) 299 2905.


NWU-Rugby Instituut sport beurse

’n Beperkte getal eerstejaars word elke jaar by die NWU-Rugby Instituut toegelaat. Ongeveer 20–25 spelers wat by die verskillende rugbyweke en skoolwedstryde geïdentifiseer word, ontvang beurse. Jy kan nie vir ’n beurs aansoek doen nie. Die spelers wat nie beurse ontvang het nie, kan gedurende die volgende jaar op grond van hulle prestasie regdeur die jaar vir ’n beurs kwalifiseer. (018 299 2429 / ronel.emms@nwu.ac.za)


NWU Vanderbijlparkkampus sport beurse

Vir enige navrae wat met sportbeurse op die NWU se Vanderbijlparkkampus verband hou, kontak asseblief vir Joseph Matlhong by  016 910 3191.