Leer-swem-program

Die swembad van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus is oop vir alle studente wat by sport betrokke is. Die leer-swem-program is ’n aktiewe program wat oor talle jare ontwikkel is vir studente wat nie kan swem nie. Die meeste van die studente by die NWU Mahikengkampus is studente uit voorheen-benadeelde gemeenskappe en het dus spesiale leiding en aandag nodig om hulle te help om hulle vrees vir water te oorkom. 

Ten volle opgeleide lewensredders en sweminstrukteurs bedryf die leer-swem-projek. Die basiese idee is om vir studente basiese waterveiligheid te leer en van die gevare van water bewus te maak. Hulle help die studente om die basiese swemtegnieke stadig baas te raak om hulle vrees vir water te oorkom. Die program duur een tot twee maande, waarna die studente hulleself in diep water kan help.

Ná hierdie aanvanklike inleidende leer-swem-program word studente aangemoedig om hulle swemvaardighede verder te ontwikkel deur die volle voordele van swem te verkry wat hulle fiksheidsvlakke kan bevorder om hulle met ander sportkodes te help.

 

Nils Coetzer
Mahikengkampus.
018 389 2544