Taekwondo

Die begin van die spesiale vegkuns-kunsvorm Tae Kwon het in 2 300 v.C. in Korea ontstaan. Gen Choi Hong Hi het die moderne vegkuns ontwikkel in taekwondo, soos dit sedert 1955 regoor die wêreld bekend staan.

Benewens dat dit selfverdedigingseienskappe bevat, versterk taekwondo die kernspiere van die liggaam en verbeter balans, stabiliteit, soepelheid en fiksheid, aangesien die oefening ook op die kardiovaskulêre stelsel fokus. Ander voordele sluit in ’n verbetering van die geesteskrag en dissipline van ’n individu, wat ’n beter fokus en energievlakke by die werk of in die klas tot gevolg het. Laastens is taekwondo ’n Olimpiese sport wat deur miljoene mense regoor die wêreld beoefen word en wat sportentoesiaste toelaat om die aksie van wedstryde te geniet en hulle spanmaats te ondersteun. 

By die Noordwes-Universiteit (NWU) het taekwondo in 2009 begin en word deur prof Wesley Gestring gelei. Onder sy leiding het vyf nasionale en vyf provinsiale verteenwoordigers na vore gekom. Die span het in 2017 vier MASA- nasionale verteenwoordigers en vier SAKMAA- provinsiale verteenwoordigers opgelewer. In 2018 is drie MASA- nasionale verteenwoordigers en drie SAKMAA- provinsiale verteenwoordigers geproduseer, en so ook vier SAKMAA- provinsiale verteenwoordigers, een MASA- nasionale ontwikkelingsverteenwoordiger en een internasionale MJ-skermskeidsregter in 2019.


Nils Coetzer                            
Mahikengkampus.
018 389 2544