Tennis

Mahikengkampus

Tennis is ’n Olimpiese sport en word op alle vlakke van die samelewing en deur alle ouderdomsgroepe gespeel. Die sport kan gespeel word deur enigeen wat ’n raket kan vashou, insluitende mense in rolstoele. Die spel het in Engeland ontstaan en dateer terug na die 19de eeu. Die sport het sedertdien wêreldwye supersterre opgelewer wat deur alle sportliefhebbers regoor die wêreld waardeer word.

Tennis kan ’n mens se kritiese denke, innerlike wakkerheid en taktiese besluitneming verbeter deur verbindings in die brein te vorm. Die tennisspan by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus het vier bane wat hulle vir opleiding en kompetisies gebruik.

Prestasies van NWU Mahikeng Tennis:

1) 2020 – Gaborone International Tennis Epic se top-8-speler.

2) 2019 – Top-30-rangorde van merietespelers by Tennis Lab Suid-Afrika.

3) 2019 – Een speler is by die USSA-kompetisie vir die nasionale span gekies. Die speler het die RSA by die CUCSA- en FASU-studentespele verteenwoordig.

4) 2019 – Leeftydprestasietoekenning vir die Beste Afrigter en die Beste Tersiêre Program by die Winners Circle.

5) 2019 – Wenners van vroue- en manstitels by die TenTen Tennis-reeks.

6) 2019 – Wenners van die Tshwane Tennis Ope in dubbel- en gemengde dubbelspel.

7) 2018 – Wenners van die Mahikeng Tennis Ope.


Kegomoditswe Moloko                  
018 389 2152

Potchefstroomkampus

Tennis by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het in ’n fisieke skaakwedstryd ontwikkel waar spelers aanval en verdedig, invalshoeke benut en tegniese swakhede met houe van uiteenlopende spoed en tolling uitbuit. Tennis kan deur spelers van feitlik enige vaardigheidsvlak geniet word. Topkompetisies is ’n veeleisende toets van die uitvoer van houe en stamina, vol stylvolle en strategiese verskeidenheid.

Die NWU Potchefstroomkampus het in 2009 hande gevat met die hoëprestasie- Riaan Venter Tennis Akademie. Dit het ons studente in staat gestel om professionele afrigting en opleiding te kry terwyl hulle hul studies kon voorsit.

Groot infrastruktuurveranderings het oor die afgelope 10 jaar plaasgevind, en ons kan met trots sê dat dit met die heel bestes in die wêreld vergelyk. Daarom vind die meeste TSA-vlagskiptoernooie by ons tennisklub plaas.

As jy aspirasies het om jou loopbaan in tennis te bevorder terwyl jy dit met ’n graad of diploma kombineer, is die NWU die beste universiteit om dit by te doen.

Die doelwitte van NWU-PUK Tennis is:

  • Om die belange van tennis by die NWU te bestuur en te bevorder.
  • Om gesonde sportmanskap te ontwikkel.
  • Om ’n behoorlike organisasiestruktuur vir tennis te vestig.
  • Om fondse ingevolge die beleid van die universiteit te verkry en behoorlik te bestee.

’n Aantal eerstejaars word elke jaar uit beursaansoeke wat ontvang is by die NWU PUK Tennis-program toegelaat. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus. Die spelers wat nie beurse ontvang het nie, kan gedurende die volgende jaar op grond van hulle prestasie regdeur die jaar vir beurse kwalifiseer. Beurstoekennings word deur middel van befondsing van die universiteit self moontlik gemaak. Aansoekers moet die bepalings en voorwaardes noukeurig lees om te sien watter beurse toegeken word.

Om vir die NWU PUK Tennis-program gekeur te word, moet ’n speler by die Potchefstroomkampus van die NWU vir ’n graad of diploma van hulle keuse geregistreer wees.


Heléne Botha
018 299 2911