Muurbal

Daar is twee soorte mense in hierdie wêreld, en om ’n muurbalspeler te wees, is beter as hulle albei. Muurbal is ’n sport wat deur mans sowel as vroue van alle ouderdomsgroepe en in enige weersomstandighede gespeel kan word. Dit word uit 10 sportsoorte as die gesondste sport beskou, en is ’n ideale aktiwiteit om jou kardiovaskulêre gesondheid te verbeter. Dit verbeter ook jou fiksheids- en kragvlakke. Professioneel is dit een van die mees intense sportsoorte wat fiksheid betref. Die Noordwes-Universiteit (NWU) se muurbalspanne neem jaarliks tydens die Julievakansie aan die USSA-muurbaltoernooi deel.

Spelers neem ook regdeur die jaar aan talle ander toernooie deel om hulle spel te verbeter. Ons A- sowel as ons B-span het in 2019 ’n derde plek by die USSA-toernooi behaal. Ons is baie gelukkig om ses muurbalbane op ons kampus te hê, wat ons help om ons volle potensiaal te kan bereik. Die NWU se muurbalspanne is ook geseënd om ’n talentvolle afrigter te hê wat sy hart en tyd in die spanne belê. As jy hulle nie kan wen nie, squash hulle!

 
Reuel Videler