Instituut-koshuise

Die NWU-Rugby Instituut het beperkte akkommodasie in Pukdorp en Soetdorings wat vir rugbyspelers beskikbaar is. Verblyf word deur die instituut hanteer, en dus kan jy nie om verblyf in hierdie koshuise aansoek doen nie. Vir inligting ten opsigte van verblyf, kontak die NWU-Rugby Instituut se kantoor by 018 299 2429, of stuur ’n e-pos aan ronel.emms@nwu.ac.za.