Padwedlope

Potchefstroomkampus

Dit is vir my aangenaam om jou aan Suid-Afrika se voorste atletiekklub bekend te stel.

Die NWU Atletiekklub het daarin geslaag om ʼn formidabele reputasie van uitnemendheid op te bou. Die klub se atlete is al vir dekades lank plaaslik en internasionaal aktief. Die klub het al talle toekennings verower en ook Suid-Afrika se eerste baan- en veldwêreldkampioene opgelewer (Marius Corbett: spiesgooi - 1997 en Hestrie Cloete: hoogspring - 2001).

By die NWU streef ons na ʼn gesonde balans tussen sport en akademie.

Ons bied die volgende:

  • Baan- en veldnommers (met gespesialiseerde afrigting).
  • Landloop
  • Padloop.
  • Driekamp

Boonop het die NWU waarskynlik die beste afrigtingspersoneel in die land, insluitende twee Olimpiese afrigters.

Mees onlangse prestasies:

  • Huidige USSA-baan- en veldkampioene (algehele wenners vir die vierde opeenvolgende jaar)!
  • Huidige Varsity-Atletiekkampioene!
  • Huidige USSA-landloopkampioene! 2019 NWU klub van die jaar-toekenning!
  • Jo-Ané van Dyk (spiesgooi): NWU se sportvrou van die jaar - 2019!
  • Chederick van Wyk (naelloop): NWU se Sportman van die jaar - 2019!

As jy die beste atleet wil wees wat jy kan wees, dan is die NWU die plek vir jou. Laat ons kundige afrigtingspersoneel jou lei na die verwesenliking van jou drome!

“ʼn Atleet kan nie hardloop met geld in sy sakke nie. Hy moet hardloop met hoop in sy hart en drome in sy kop” – Emil Zatopek.