Danssport

Danssport behels meer as net dans. Dit is uniek, aangesien dit die elemente van kuns sowel as sport kombineer. Danssport is mededingende baldanse, in teenstelling met sosiale of vertoondanse. Dit het ’n positiewe sielkundige voordeel en bevorder ’n goeie eiewaarde. Beweging en dans verbeter die emosionele welstand van alle kinders en jongmense, veral diegene met kognitiewe en emosionele uitdagings ten opsigte van konflikhantering en geweld. Danssport help om fisieke krag, soepelheid, koördinasie, stamina, uithouvermoë en fiksheid te ontwikkel. Dit het ’n teenboelie-effek – dit bevorder dissipline, respek vir ander, en spanwerk.

Die Dansklub op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) maak van die Great Hall en die Sokkerinstituut se gim vir hulle opleidingsessies gebruik. Hulle bied ook regdeur die jaar talle kompetisies by die Great Hall aan. Die NWU Mahikeng Dansklub hou nou al ’n geruime tyd die universiteit se vaandel hoog. Kyk na hulle prestasies van 2019.

JB Marks-kompetisie 2019

LATYNSE DANSAFDELING:

Vlak 1 – ses trofeë

Vlak 2 – ses trofeë

Vlak 3 – ses trofeë, ses medaljes

Rising Star – vier trofeë

Kampioenskap – agt trofeë

BALDANSAFDELING:

Vlak 1 – ses trofeë, twee medaljes

Vlak 2 – ses trofeë, vier medaljes

Vlak 3 – vier trofeë

Rising Star – twee trofeë


Nalendi Malanoka                 
Mahikengkampus.
018 389 2434