Gholf

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se gholfprogram funksioneer onafhanklik van die universiteit self. Ons bied nie opleiding/afrigting aan nie. Ons moedig studente aan om in hulle eie tyd te oefen en te speel. Die NWU kies twee spanne van vier spelers elk om deel te neem aan die USSA-gholftoernooi wat jaarliks plaasvind, en goeie prestasie daar kan tot internasionale geleenthede lei.

Spanne word op grond van die uitslae van toernooie deur die Noordwes Gholfunie en GolfRSA gekies. Die NWU het homself oor die afgelope paar jaar as een van die toppresterende gholfuniversiteite gevestig en bied goeie mededinging en die geleentheid om nuwe mense te ontmoet.


Stephen Allen