Gimnastiek

Potchefstroomkampus

Gimnastiek is ’n sport wat die volgende te sê het: “Wanneer die wêreld sê gee moed op, fluister hoop probeer nog een keer.” Gimnastiek is die sport van krag, dryfkrag en vasberadenheid. Gimnastiek is nie net ’n sport nie, dis ’n lewenswyse.

Hier by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) bied ons vyf van die nege verskillende soorte gimnastiek. Ons bied kunsgimnastiek vir vroue (WAG), kunsgimnastiek vir mans, ritmiese gimnastiek, tuimel en trampolien. Ons neem elke jaar aan die USSA-toernooi deel, waar ons teen vyf ander Suid-Afrikaanse universiteite meeding. NWU Potchefstroom Gimnastiek was drie jaar lank die heersende kampioene (2017, 2018 en 2019). 

By NWU Potchefstroom Gimnastiek is ons nie net spanmaats nie, ons is ’n familie vanuit uiteenlopende agtergronde wat iets doen waarvan ons baie hou. Saam oefen ons hard om ’n gedeelde doelwit te bereik – om te WEN. Talle van ons gimnaste het nog nooit aan gimnastiek deelgeneem nie, maar dit beteken nie dat hulle nie welkom is nie. Ons neem gimnaste met ervaring asook beginners in. Ons is ’n gemeenskap van studente wat ander studente leer om pret te hê terwyl ons saam hard werk.

 Oefentye:

Maandae tot Donderdae: 18:00–20:00


Paul Engelbrecht