Kanovaart

 

Kanovaart, ook kajakvaart of roeiery genoem, word op relatief groot watermassas beoefen en is ietwat onbekend aan baie studente voordat hulle by die Noordwes-Universiteit-familie (NWU-familie) aansluit.

Die NWU Potchefstroom Kanoklub gee aan studente die geleentheid om aan verskillende dissiplines van die groter sport van kanovaart, soos kanopolo, marathonkajakvaart, en rodeokajakvaart deel te neem. Die NWU se kanovaartgeriewe is by die Potch-dam geleë, waar kanopolo en marathonkajakvaart die twee hoofdissiplines is, en sosiale kajakvaarders grootliks tot die kameraderie van die kanovaartfamilie in albei dissiplines ’n bydrae lewer.

Die NWU Potchefstroom Kanoklub is een van die voorste instellings wat ’n bydrae tot die vinnige groei op die gebied van kanovaart in Suid-Afrika lewer. Met ’n fokus op die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse kajakvaarders op universiteitsvlak, kry elke individu ’n kans om op die nasionale verhoog mee te ding. Enigeen wat graag iets nuuts wil probeer en hulle gemaksone wil verlaat, sal vind dat kanovaart baie interessant en uitdagend kan wees en van individue vra om deurgaans ’n magdom vaardighede te ontwikkel en te oefen.

Kanovaart ontwikkel algehele fiksheid, dien as ’n ontspannende stokperdjie, en gee aan elke kanovaarder die kans om op ’n professionele vlak mee te ding. Sosiale lede vorm ’n belangrike deel van die NWU Potchefstroom Kanoklub en enige student is welkom om as ’n sosiale lid aan te sluit, aangesien dit ’n opwindende atmosfeer verskaf wat uniek aan kanovaart is.


Annette van Heerden
Potchefstroomkampus
Annettevh1999@gmail.com

Karl Jacobie
Kanovaartpolo
Potchefstroomkampus