Mahikengkampus
Liggaamsbou is eers in die 19de eeu ontwikkel en het sedertdien in talle lande in gewildheid toegeneem. Liggaamsbou is ’n unieke sport, met die primêre fokus op die atlete se fisieke voorkoms. Atlete wat aan hierdie sport deelneem, word dikwels liggaamsbouers genoem. Die sport vereis ’n groot mate van inspanning om die gewenste resultate te bereik. Sommige liggaamsbouers praat van jare se geduld voordat hulle op ’n kompeterende vlak kan meeding. Die NWU Mahikeng se liggaamsbouspan oefen by die beroemde Great Hall.
NWU Mahikeng se liggaamsbouspan het oor die afgelope drie jaar uitstekend presteer. In 2018 is twee atlete uitgenooi om die Arnolds Classic-kampioenskap by te woon. Drie atlete is gekies om die nasionale kompetisie by te woon, en een het met ’n goue medalje teruggekeer. Hy is toe gekies om aan internasionale kompetisies deel te neem, waar hy derde geplaas is. Een atleet het in 2019 die jaarlikse Arnolds-toernooi bygewoon en ’n goue medalje gewen. Hy is gekies om Angola toe te gaan, vanwaar hy met ’n silwer medalje teruggekeer het. Een atleet is vir die USSA-span gekies en vier ander is deur die provinsie gekies om aan die SA-kampioenskap deel te neem. Hulle het met goue, derdeplek- en vierdeplekmedaljes teruggekeer. Een van hulle beste atlete is na Boedapest in Hongarye en hy is vyfde in sy groep geplaas. By die 2019 NWU Mahikeng Sporttoekennings het hierdie sportkode die Sportman van die Jaar opgelewer.
Vanderbijlparkkampus
Raphael (Beef) Ntumba - 016 910 3228