Pluimbal

Mahikengkampus

Pluimbal is ’n wonderlike sportsoort vir fiksheid en is uitstekend vir alle ouderdomme. Dit is ’n wonderlike keuse vir diegene wat ’n nuwe raketsport wil probeer. Pluimbal word dikwels as informele buitelugaktiwiteit in ’n agterplaas of op ’n strand gespeel, en formele wedstryde word op ’n reghoekige binnenshuise baan gespeel. Punte word verdien deur die pluim met die raket te slaan sodat dit in die opponente se kant van die baan val. Die spel het in Britse Indië uit ’n vroeëre raketspel ontwikkel. Denemarke het begin om die spel in Europa te oorheers, maar dit het in Asië baie gewild geword, met onlangse kompetisies wat deur China oorheers word. Pluimbal is sedert 1992 deel van die Somer Olimpiese Spele.

Die sport word op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) by die Great Hall gespeel en die spanne neem aan die USSA’s deel.

Kegomoditswe Moloko            

018 389 2152

Potchefstroomkampus

Pluimbal is ’n hoogs mededingende Olimpiese raketsport waar spelers in ’n enkelspel-, dubbelspel-, gemengdedubbelspel- of spankampioenskap teen mekaar meeding. Pluimbal is ’n hoogs tegniese, fisieke en vinnige sport wat binnenshuis of buitenshuis op ’n plat oppervlak gespeel word met ’n spesiaalontwerpte raket en pluim wat ’n snelheid van meer as 400 km/h kan bereik.

Dit is trouens tans die vinnigste raketsport in die wêreld. As pluimbal in ’n paar woorde beskryf moet word, kan dit as die mees fisieke skaakspel in die wêreld bestempel word. Hoewel die hardloop-, spring- en strekwerk groot eise aan die liggaam stel, is dit die strategiese deel van die spel wat dit interessant maak. Hier op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is ons ook trots op die feit dat, hoewel pluimbal nie een van die grootste sportsoorte op die kampus is nie, dit beslis ook nie die kleinste is nie. Ons het ’n paar van die beste spelers in die land op universiteitsvlak en twee nasionale spelers wat vir ons speel.

Die NWU is tans die beste universiteit in pluimbal in die land, en ons het elke wedstryd en titel by die 2019-universiteitskampioenskap gewen. Ons is vol vertroue dat ons dit weer in die toekoms gaan regkry.

 
Deidré Jordaan