Die doel van ontspanningsport is die ontwikkeling van ’n volhoubare en diverse sport-en-ontspanningstruktuur regoor al drie die kampusse van die NWU. Die beoogde struktuur moedig deelname aan, ontwikkel talent en dra by tot die gesondheid en oorkoepelende welstand van individue en groepe wat deelneem.
Die NWU moedig die voordele van sport en ontspanning aan, nie net ten opsigte van fisieke versorging nie, maar ook ten opsigte van die positiewe impak wat dit op geestelike en emosionele welstand het.
Ontspanningsport sluit in:
- Koshuisligas
- Ontspanningsgeleenthede
- Denksport
- Die NWU se fiksheidsprogram
Ontspanningsport verskaf die volgende voordele:
- Dit bring mense byeen en verskaf geleenthede vir sosiale interaksie.
- Dit bemagtig, inspireer en motiveer individue om te presteer.
- Dit verskaf balans tussen akademiese verantwoordelikhede en sosiale interaksie.
- Dit dra by tot hoër vlakke van selfrespek en selfwaarde.
- Dit skep geleenthede vir en bevorder vrywilligerwerk onder studente.
- Dit verskaf ’n manier vir insluiting en bring mense van verskillende rasse, gelowe en kulture byeen.
- Dit bou eenheid.
Die NWU se fiksheidsprogram fokus op die verbetering en handhawing van ’n gesonde leefstyl, en dit bevorder die manier waarop ons fisieke aktiwiteite in ons daaglikse lewens aanpak. Studente en personeel neem deel om te sosialiseer en kulturele intervensie in ’n diverse groep mense verbeter. Die klub is om die volgende redes bekend:
- Deelname is daar vir die langer termyn.
- Dit het ’n konsekwente benadering.
- Dit verbeter jou buigsaamheid en balans.
- Dit help jou om uit jou gemaksone te kom.
- Dit verskaf ’n genoeg tyd om jou doelwitte te bereik.
- Dit fokus meer op die vestiging van gesonde gewoontes as op resultate.
Rig navrae aan
Joseph Matlhong
Ontspanningsport
Vanderbijlparkkampus
016 910 3191
josephmatlhong@nwu.ac.za