Tafeltennis

Mahikengkampus

Tafeltennis is al meer as 120 jaar lank met ons, en in daardie tyd het baie dinge verander. Sedert sy nederige begin waar dit in huise van die rykes gespeel is, word dit nou deur miljoene spelers in lande regoor die wêreld gespeel. Net soos talle ander sportkodes het tafeltennis ’n Engelse oorsprong. Van die name wat dit genoem word, is ping-pong of gossima, tafeltennis, whiff waff, pom-pom en pim-pam.

Op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) word tafeltennis by die Great Hall beoefen.  NWU Mahikeng se tafeltennisspan het in 2019 vyf nasionale spelers opgelewer.


Nalendi Malanoka            
018 389 2434
 

Potchefstroomkampus

Tafeltennis is een van die binnenshuise sportaktiwiteite by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) waar oefeninge regdeur die hele jaar plaasvind. Dit is ’n wonderlike aktiwiteit waardeur jy nuwe mense kan ontmoet, nuwe vriende kan maak en selfs jou daaglikse oefening kan kry.

By die NWU Potchefstroom is daar drie groot geleenthede waaraan tafeltennisspelers kan deelneem, met een wat uitsluitlik vir eerstejaarstudente is. Hierdie gebeurtenisse is die Battle of the Rackets (BotR), die koshuisliga en die USSA-toernooi. Verskeie kleiner geleenthede vind ook regdeur die jaar plaas soos dit met die spelers gereël word, soos om teen ’n ander universiteit te speel of spesiale afrigting te ontvang.

As jy aan tafeltennis wil deelneem, moet jy leer om jou balle te laat vlieg.

Oefentye:

Dinsdag en Donderdag: 19:00–21:00