Vlugbal

Vlugbal is in 1895 uitgedink deur William G. Morgan, direkteur van die Christelike Jongmannevereniging (CJMV) in Holyoke, Massachusetts. Dit is bedink as ʼn binnenshuise sport vir sakemanne wat basketbal te rof en energiek gevind het. Morgan het die sport “mintonette” genoem totdat ʼn professor van Springfield College in Massachusetts opgelet het dat die bal altyd in vlug geslaan word en die naam “vlugbal” voorgestel het. Vlugbal kan baie pret wees om te speel. Vlugbal by die NWU se Mafikengkampus het twee bane – een binnenshuise baan by die meerdoelige Great Hall en een buitenshuise baan.

In 2018 het die Vlugbalspan die 10de jaarlikse SANW SAI Nasionale Vlugballiga gewen. Hulle het ook die Mafikeng Plaaslike Vlugbalvereniging-liga gewen. Die span het in 2019 hul eerste verskyning by die USSAs gemaak en was 8ste uit die 22 instansies wat aan die 2019 USSA-toernooi deelgeneem het. Dieselfde jaar het die span 3de geëindig in die Noordwes Vlugbal Giants-liga (provinsiale liga). Vroeër in 2020 het die span ʼn institusionele toernooi aangebied waar die damespan die goue medalje gewen het en die manspan die bronsmedalje gewen het.


Kegomoditswe Moloko                
Mahikengkampus
018 389 2152