Atletiek

Potchefstroomkampus

By die Noordwes-Universiteit (NWU) streef ons daarna om ’n gesonde balans tussen sport en die akademie te handhaaf. As ons daarin slaag om dit reg te kry, sal ons ’n belangrike lewensbeginsel toegepas het!

Die NWU Potchefstroom Atletiekklub is Suid-Afrika se vernaamste atletiekklub en het daarin geslaag om ’n formidabele reputasie vir uitnemendheid op te bou. Die klub se atlete het daarin geslaag om reeds verskeie dekades lank op plaaslike en internasionale podiums te verskyn. Die klub het al talle toekennings ontvang en ook Suid-Afrika se heel eerste baan- en veldwêreldkampioene (Marius Corbett: spiesgooi – 1997, en Hestrie Cloete: hoogspring – 2001) opgelewer.

Ons bied die volgende atletiekkodes aan:

  • Baan en veld (met gespesialiseerde afrigting in alle nommers)
  • Landloop
  • Padwedloop
  • Driekamp

Hierbenewens het die NWU stellig die beste afrigtingspersoneel in die land, insluitende twee Olimpiese afrigters.

Vorige prestasies:

  • Huidige USSA-baan- en veldkampioene (algehele wenners vir die vierde agtereenvolgende jaar)
  • Huidige Varsity Atletiek-kampioene
  • Huidige USSA-landloopkampioene
  • 2019 NWU Klub van die Jaar-toekenning
  • Jo-Ané van Dyk (spiesgooi): NWU Sportvrou van die Jaar – 2019
  • Chederick van Wyk (naellope): NWU Sportman van die Jaar – 2019

As jy die beste atleet wil wees wat jy kan wees, dan is die NWU die regte plek vir jou. Laat ons kundige afrigtingspersoneel jou help om jou drome waar te maak!

“’n Atleet kan nie met geld in sy sak hardloop nie. Hy moet met hoop in sy hart en drome in sy kop hardloop” – Emil Zatopek.


Kontak