Hokkie

Mahikengkampus

Veldhokkie, of net hokkie, is ’n buitelugspel wat deur twee opponerende spanne van 11 spelers elk gespeel word. Hulle gebruik stokke met ’n geboë punt om ’n klein, harde bal in hulle teenstanders se doelhok in te slaan. Dit word veldhokkie genoem om dit te onderskei van die soortgelyke spel wat op ys gespeel word. Daar word gemeen dat hokkie deur die heel vroegste beskawings gespeel is. Die Arabiere, Grieke, Perse, en Romeine het elkeen hulle eie weergawe daarvan gehad, en daar is spore gevind van ’n spel met ’n stok wat deur die Asteekse Indiane van Suid-Amerika gespeel is. Daar word gemeen dat die naam hokkie van die Franse woord “hocquet” af kom, wat ’n geboë stok of herderstaf beteken.

Wanneer ’n mens hokkie speel, help dit jou om noodsaaklike sosiale vaardighede soos spanwerk, kommunikasie en individuele deursettingsvermoë te ontwikkel, maar dit is ook ’n genotvolle aktiwiteit wat spoed, oog-hand-koördinasie en kardiovaskulêre prestasie bevorder.

NWU Mahikeng se hokkiespan het deur die jare redelik goed gevaar. Die manspan het in 2012 die derde plek in die USSA-kompetisie behaal, in 2014 was hulle tweede in die USSA-kompetisie, en in 2018 is drie spelers gekies om vir die CD Noordwes-span te speel. Een speler is in 2019 vir die CD Noordwes-span gekies.


                                                                             
Nalendi Malanoka                
018 389 2434

Potchefstroomkampus

NWU Hokkie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots op sy geriewe en personeel en bied aan elke student die geleentheid om op en van die hokkieveld af uit te blink. Ons verskaf ’n stabiele omgewing, met professionele persone en kundiges van regoor die wêreld. Met mentorskappe en die buitengewone bestuur van ons spelers verskaf ons aan studente ’n gebalanseerde omgewing waar die akademie en sport saam werk om die beste moontlike atleet en student te skep. Ons doelwit is om elke individu wat aan hokkie deelneem, te verbeter en te verseker dat ons deur sport ’n bydrae tot die toekoms van hierdie land lewer.

NWU Potchefstroom Hokkie is trots daarop om billike en regverdige prosesse te hê in die lewering van verteenwoordigende en multivaardige hoëprestasiespanne wat aan belangrike universiteitsgeleenthede, soos die USSA en Varsity-hokkie, deelneem. Voorts stel ons talle van ons jong spelers in die verskillende weergawes van ons sport aan veelvuldige provinsiale spanne bloot, byvoorbeeld met binnenshuise, senior interprovinsiale en onder 21- provinsiale spanne.

NWU Potchefstroom Hokkie het ’n ryk geskiedenis en kultuur wat al talle suksesse, titels en toekennings opgelewer het. Die doel is om ’n platform te skep om konsekwent vanaf ons sportvelde spelers vir nasionale spanne, nasionale hoëprestasieprogramme en provinsiale spanne te lewer.

Ons is gelukkig om van die beste afrigters en personeel te hê wat by die NWU Hokkie-akademie betrokke is, en wat ’n wye verskeidenheid ervarings en prestasies verteenwoordig.

Ons bied talle mediese ondersteuningsdienste en werk saam met herstel- en rehabilitasiesentrums in ons areas. Ons verseker dat ons atlete goed gemoniteer en bestuur word om doeltreffende en effektiewe programme te verseker.


Shaun Hulley
018 299 2056

Vanderbijlparkkampus

Sune van der Linde - 082-815-0264