Ju-Jitsu

Morganti ju-jitsu is meer as ’n vegkuns, soos die meeste van sy atlete kan getuig. Vergeleke met ander soorte vegkuns het ju-jitsu selfverdediging en familie as uitgangspunt, aangesien die spanlede beloof om na mekaar om te sien. Die NWU Mahikeng Morganti ju-jitsu-familie is trots op die sport se Japannese geskiedenis.,wat op selfdissipline en selfbeheer berus. Die sportkode lewer elke jaar merkwaardige atlete op.

NWU Mahikeng se ju-jitsu-span het die afgelope paar jaar uitstekend gevaar, en van 2020 af het die span drie provinsiale en nasionale kampioenskappe gewen. Een van hulle atlete het die wêreldkampioen by die 2016 Wêreldkampioenskap in Brasilië geword. In 2018 het een van die atlete gekwalifiseer om die 2018 Wêreldkampioenskap in Spanje by te woon. Elf medaljes is by die 2019 Wêreldkampioenskap gewen: sewe goud, drie silwer en een brons. By dieselfde Wêreldkampioenskap is een atleet as die beste vegter by die Wêreldkampioenskap aangewys nadat twee goue medaljes verower is
Nils Coetzer                        
Mahikengkampus
018 389 2544